NOR mik om volle beheer oor Sirte te hê
2011-10-10 20:53
Sirte – Libië se tussentydse regering mik om teen die einde van Maandag volle beheer oor Sirte, Muammar Gaddafi se tuisdorp, te hê nadat belangrike posisies in dié stad oorgeneem is.
Op die derde dag van die finale aanval het die Nasionale Oorgangsraad (NOR) die stad se konferensie sentrum en universiteitskampus en –hospitaal oorgeneem, het ‘n AFP-korrespondent gesê.
Volgens die NOR is dié oorwinnings van uiterse belang. Sodra die NOR volle beheer oor Sirte het, kan Libië se vryheid verklaar word en is die weg na ‘n verkiesing oop vir die land.
Die NOR het die meerderheid van die land beheer sedert die rewolusionêre magte Tripoli, die hoofstad, op 23 Augustus oorgeneem het en Gaddafi en sy naaste vertrouelinge gedwing is om te vlug.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA