NOR in beheer van Sirte
2011-10-20 13:30
Tripoli – Vegters van die Libiese Nasionale Oorgangsraad het bevestig dat hulle Muammar Gaddafi se tuisstad, Sirte, oorgeneem het, het Al Jazeera berig.
“Sirte is bevry. Daar is nie meer enige magte van Gaddafi nie,” het kol. Yunus Al Abdali, die hoof van die operasie in die oostelike helfte van die stad, Donderdag gesê.
“Ons is nou besig om die vegters wat probeer ontsnap, te jaag.”
‘n Ander bevelvoerder het bevestig dat die stad oorgeneem is. Dit was een van die laaste vestings van Gaddafi-lojaliste sedert hy meer as drie maande gelede ontsetel is.
– Lees die volledige artikel by Al Jazeera.
– Volg Nuus24 op Twitter.