NOR-adjunk wil bedank
2012-01-23 09:03
Tripoli – Abdel Hafiz Ghoga, die adjunkleier van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) van Libië, het Sondag aan Al Jazeera-televisie gesê hy gaan uit sy pos bedank.
“Ek wil nie die NOR beïnvloed nie en in nasionale belang het ek besluit om te bedank,” het Ghoga gesê.
Hy het gesê hy het die besluit na “onlangse gebeure” gemaak, met verwysing na betogings in Benghazi waar betogers teen sy teenwoordigheid in die Raad is.
Talle NOR-lede wat deur die nuusagentskap AFP vir kommentaar gekontak is, was nie bewus daarvan dat Ghoga gaan bedank nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP