NOR: Gaddafi se seun moet in Libië verhoor word
2011-11-19 22:48
Tripoli – Die Nasionale Oorgangsraad (NOR) wil hê Seif al-Islam, Muammar Gaddafi se seun, moet in Libië verhoor word.
Al-Islam en drie lyfwagte is deur vegters van die Nasionale Oorgangsraad in die Ubari-streek in suidelike Libië in hegtenis geneem.
“Ons vertrou die Libiese regstelsel en daar is alle waarborg vir ‘n regverdige en onpartydige verhoor vir hom,” het Mohamed al-Alaqi aan die media gesê.
Volgens Al-Alaqi het hy reeds met die staatsaanklaer van die internasionale strafhof gepraat en hulle gaan dit tydens Moreno-Ocampo se besoek aan Libië volgende week bespreek.
Volgens berigte het Al-Islam geen beserings opgedoen nie en is in "goeie gesondheid".
Die internasionale strafhof het in Junie lasbriewe teen Gaddafi, Al-Islam en Al-Senussi uitgereik. Hulle word aangekla van misdade teen die mensdom tydens die Libiese opstande.
– Volg nuus24 op Twitter.
- SAPA