NGO-hoof in DRK ontvoer
2010-08-30 15:25
Kinshasa – Die hoof van ‘n plaaslike hulpverleningsmaatskappy is deur gewapende mans in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontvoer.
Gewapende mans in uniform het Balisi Kapumba, wat vir Solidarity Action for Peace and Development (ASPD) werk, by sy huis in Goma oorrompel.
Twee ander lede van ‘n nie-regeringsorganisasie (NGO) in Goma is met ontvoering gedreig terwyl gewapende mans die ingang van ‘n derde lid se woning oopgeforseer het.
Volg Nuus24 op Twitter.