Mugabe wil weer alleen heers
2009-12-13 00:39
Harare – President Robert Mugabe het gesê dat Zimbabwe se eenheidsregering van korte duur gaan wees en dat hy beplan om weer beheer te kry oor die land waaroor hy vir amper drie dekades geheers het.
Mugabe het triomferend voorgekom nadat hy Saterdag herverkies is as leier van sy ZANU-PF party.
Die party het baie verswak nadat dit sy parlementêre meerderheid in verlede jaar se verkiesings verloor het.
Die 85-jarige leier is in ‘n magsverdelings-ooreenkoms met voormalige teenstanders forseer na die 2008 verkiesing.
Mugabe het gesê dat die eenheidsregering ‘n “kort leeftyd” het en dat sy party “nie soos verlede jaar oorwin moet word nie”.
Daar is nog nie op ‘n nuwe verkiesingsdatum besluit nie, maar baie meen dat die opbou weer die geweld wat baie ander verkiesings gekenmerk het sal oplewer.
- Sapa-AP