Mugabe wil Zim-diamante verkoop
2010-07-14 02:51
Harare – Zimbabwe se president het Dinsdag gesê dat die land hul reuse-diamantreserwes sal verkoop, ten spyte daarvan dat hulle nie goedkeuring van die wêreld se diamant-beheerliggaam ontvang het nie.
‘n Uitdagende president Robert Mugabe het aan wetgewers gesê dat diamantverkope “groot potensiaal” het om die verpletterde ekonomie nuwe lewe te gee.
Hy het bygevoeg dat Zimbabwe ‘n kwart van die wêreld se diamantvoorraad het.
Die Kimberley-proses sertifikasie skema het nie goedkeuring vir internasionale verkope gegee nie, te midde aantygings van moorde, menseregteskendings en korrupsie in die massiewe diamantvelde wat in 2006 in die ooste van Zimbabwe ontdek is.
“Niemand moet ons besluit om ons diamante te verkoop betwyfel nie,” het Mugabe aan wetgewers by die opening van die parlement in Harare gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP