Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Mugabe vaar uit oor Gaddafi se dood

2012-09-27 08:15
Tweets Share Share line Print

New York – Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het Woensdag tydens 'n toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering teen die VSA, die VN en Navo uitgevaar oor die manier waarop die Libiese leier, Muammar Gaddafi, dood is.

Hy het onder andere gesê Gaddafi se dood is net so tragies soos die dood van die Amerikaanse ambassadeur vir Libië, Christopher Stevens. Stevens is dood ná 'n groep ekstremiste die Amerikaanse konsulaat in Benghazi aangeval het uit woede oor 'n Amerikaans-vervaardigde rolprent wat die spot met Islam dryf.

Die 88-jarige staatshoof het die VSA daarvan beskuldig dat hy "gejaag het om olie uit Irak te suig" toe die land in 2003 binnegeval is.

Hy het gesê die VN se Veiligheidsraad is "misbruik" deur "al die nodige maatreëls" in plek te stel vir die militêre ingryping in Libië wat Muammar Gaddafi uiteindelik ontsetel het.

Mugabe het sy toespraak geopen deur sarkasties te verwys na die "hartroerende" manier waarop pres. Barack Obama van die VSA aan Stevens hulde gebring het.

"Ek is seker ons is almal geroer, ons almal stem saam dat dit 'n tragiese sterfte was en ons veroordeel dit," het Mugabe gesê.

"Terwyl ons in ons gees saam met die VSA hierdie sterfte veroordeel, sal die VSA ook saam met ons die barbaarse dood van die staatshoof van Libië, Gaddafi, veroordeel? Dit was 'n verlies, 'n groot verlies, vir Afrika, 'n tragiese verlies vir Afrika."

"Die dood van Gaddafi moet gesien word in dieselfde tragiese lig as die dood van Chris Stevens. Ons veroordeel albei sterftes," het hy bygevoeg.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.