Mugabe terug in Zim
2009-08-26 14:17
Harare – Pres. Robert Mugabe is terug in Zimbabwe van ’n private besoek aan Dubai ondanks mediaberigte dat hy mediese behandeling in dié land ontvang.
’n Beampte wat anoniem wil bly, het gesê Mugabe het Dinsdagaand in die vliegtuig van Air Zimbabwe, waarmee hy verlede Woensdag vetrek het, teruggekeer.
Emmerson Mnangagwa, Zimbabwe se minister van verdediging, het vroeër gesê hy kan nie bevestig dat Mugabe mediese behandeling in Dubai ontvang nie.
Hy self het daarvan gelees in die koerant, het die minister gesê.
“So ver ek weet, is hy gesond,” het Mnangagwa gesê, “tensy hy griep in Dubai opgtel het.”
George Charamba, amptelike woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Mugabe was nie Woensdag teenwoordig by ’n vergadering van ZANU-PF nie, maar beamptes het gesê hy was ook nie by twee vorige vergaderings nie.
– Sapa-DPA