Mugabe ‘positief’ ná gesprekke met Zuma
2010-03-18 12:13
Harare – Zimbabwe se twee leiers was Woensdag tevrede ná hul vergadering met pres. Jacob Zuma, wat hulle help om geskille in hul eenheidsregering op te los.
Robert Mugabe, Zimbabwe se president en Morgan Tsvangirai, premier, het verlede jaar ‘n eenheidsregering gevorm om ‘n einde te bring aan omstrede verkiesings en ook aan ‘n krisis wat Zimbabwe tot ‘n ekonomiese val sal bring.
Mugabe en Tsvangirai was baie positief na hul gesprekke met Zuma in ‘n hotel in Harare. Al die partye gaan weer Donderdag vergader.
“Dit het soos gewoonlik baie goed gegaan. Ons is baie gelukkig en daar is nog geen omstredenheid nie,” het Mugabe aan verslaggewers by die hotel gesê.
Tsvangirai het ook gesê dat die gesprekke goed verloop het, maar het verslaggewers egter aangeraai om te wag totdat hulle alles afgehandel het.
Zuma het by oudpres. Thabo Mbeki by die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) oorgeneem en is aangestel om die geskille in Zimbabwe te probeer oplos.
- Vir die volledige storie besoek iol