Mugabe opnuut gesig van Zanu in ’12-verkiesing

2011-12-11 08:30
Tweets Share Share line Print

Harare – Pres. Robert Mugabe staan volgende jaar weer as Zanu-PF se presidentskandidaat in Zimbabwe se verkiesing.

Dié seën wat sy party Saterdag aan die einde van sy jaarlikse konferensie oor Mugabe uitgespreek het, herbevestig Mugabe as die leier van Zanu-PF en die gesig van die party se verkiesingsveldtog.

Intussen word bespiegel oor ’n moontlike opvolger vir Mugabe, onder wie Emmerson Mnangagwa, minister van verdediging, en adj.pres. Joice Mujuru.

Maar vir nou is Mugabe se leierskap onbetwis en sy begunstigdes sluit nie net diegene in hoë posisies in nie: Menige afgevaardigde by die konferensie het getuig hoe hulle voordeel uit die regering se grondbesettings getrek het.

“Die grondkwessie het my beguns­­tig. Ek het nou ’n wildplaas en my ouers genoeg grond. So ek kla nie,” het mnr. Francis Nyathi, ’n professionele jagter uit die provinsie Lupane, aan die media gesê.

Die 21-jarige Happiness Nyoni, dogter van ’n oorlogsveteraan, sê: “Ek ondersteun Zanu-PF in navolging van my familie. Ek het ’n stuk grond waarop ek met varke boer.”

As jeugdienswerker kry sy ook ’n salaris van die regering.

Zimbabwe se plan dat sy burgers ’n aandeel in die land se minerale bronne kry, was hoog op die Zanu-PF-konferensie se besprekingslys.

Kragtens dié plan moet alle buitelandse maatskappye 51% van hul aandele vir dié doel afstaan.

Sommige mynhoofde en ekonome meen dis ’n verkiesingsfoefie, maar Mugabe het dié beskuldigings afgemaak as die uitlatings van mense met “geestesprobleme”.

Op die konferensie het hy geskimp volle eienaarskap is ’n moontlikheid. “Die fokus is op 51%. Maar dink jou in: 49% van ons diamante gaan steeds landuit. As ons ’n ware inheemse maatskappy het, sal niks die land verlaat nie.”

Mugabe het talle kere in sy toespraak geweld veroordeel, veral kort voor die verkiesing. Sommige waarnemers meen hy is bekommerd oor sy nalatenskap.

Maar buite die konferensiesaal sê Ashley Dzawo, ’n veiligheidsbeampte vir die Zimbabwiese lugdiens en ’n Zanu-PF-jeugleier in sy vrye tyd: “Waar ek ook al gaan, sal ek waaksaam wees. Ons weet die MDC-ouens is gewelddadig en as dit moet, sal ons terugslaan.”
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: robert mugabe  |  zimbabwe  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Navorser sê... Siestog??? Intussen word one EIE mense met panga's opgekap, en ons mag nie daarop reageer nie. 'n 5 Jarige dogter is stom na die wreede moord op haar pa, maar ons moet reageer op ONWETTIGES wat in "nood" verkeer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.