Mugabe ontken doktersbesoek aan Asië
2011-10-03 11:41
Harare – Zimbabwiese staatsmedia het Sondag gerugte ontken dat pres. Robert Mugabe (87) na Singapoer gevlieg het vir mediese redes en gesê hy het by sy dogter gaan kuier.
“Mugabe was in 'n goeie luim en het die media ‘n dwarsklap gegee oor hulle beweer dat hy nie gesond voel nie,” het 'n radio-berig gelui.
“Hy het gesê dat hy tyd by sy dogter Bona tydens die besoek spandeer het.”
Mugabe se dogter studeer in Hongkong waar die president ‘n huis besit.
Die Zimbabwiese leier is die teiken van ‘n Westerse reisverbod en reis gereeld na Asië vir inkopies en mediese redes.
‘n Weeklikse koerant in Zimbabwe het Sondag berig dat Mugabe Singapoer besoek het vir mediese redes – die sewende hierdie jaar.
“Hy was vir ‘n opvolg besoek omdat hy vroeër die jaar ‘n oogoperasie gehad het. Hy sal Sondag weer terug wees,” het Webster Shamhu, die minster van inligting, volgens die koerant gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP