"Mugabe nie siek" - Zim
2009-08-26 11:31
Harare – Emmerson Mnangagwa, Zimbabwe se minister van verdediging, kon nie bevestig dat Robert Mugabe mediese behandeling in Dubai ontvang nie.
Hy self het daarvan gelees in die koerant, het die minister gesê.
“So ver ek weet, is hy gesond,” sê Mnangagwa, “tensy hy ‘n verkoue opgtel het in Dubai.”
Hy kon wel bevestig dat die president steeds in die buiteland is.
Mugabe het blykbaar ‘n staatsbegrafnis van een van ZANU-PF se senioramptenare gemis.
Geen rede vir sy afwesigheid is gegee nie.
Volgens ‘n naamlose bron in die regering het Mugabe verlede week van ‘n staatsbesoek aan Namibië teruggekeer, maar toe is hy omtrent onmiddellik weer Dubai toe.
Jacob Zuma sal volgende week in Harare wees om die Landbouskou te open.
- Sapa-dpa