Mugabe lê dalk binnekort die tuig neer
2012-01-30 11:01
Harare – Die Zimbabwiese president Robert Mugabe beplan glo om ná die volgende verkiesing uit te tree en om plek te maak vir 'n uitgesoekte opvolger wat sy belange sal beskerm en verhoed dat hy vir menseregteskendings gestraf word, het die Sunday Times berig.
Volgens die berig het beamptes na aan Mugabe aangedui dat die veteraan-leier "konkel om die volgende verkiesing te wen en die leisels aan 'n jonger leier sal oorhandig as deel van 'n strategie om die krisis rondom sy opvolger op te los en Zanu-PF aan bewind te hou".
Mugabe wil vanjaar stem.
Emmerson Mnangagwa, die land se minister van verdediging, sal na verwagting by die 88-jarige Mugabe oorneem indien hy die volgende verkiesing wen.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter