Mugabe kap 'sataniese' Cameron
2011-11-24 14:18
Harare – Zimbabwe se president Robert Mugabe het die Britse premier, David Cameron, skerp gekritiseer omdat hy hulp moontlik sal staak aan lande wat nie gay regte respekteer nie.
“Dit word erger en satanies as ‘n premier soos Cameron sê lande wat Britse hulp wil ontvang moet homoseksualiteit aanvaar,” het Mugbae in die dorp Shrugwi gesê.
“Om met so 'n duiwelse voorstel vorendag te kom is onsin,” het hy volgens die staatskoerant Herald gesê.
Cameron het aan die einde van die beraad van die Statebond in Oktober gesê lande wat Britse hulp wil ontvang, moet menseregte, insluitend gay-regte, respekteer.
“Moenie dat homoseksualiteit julle in die versoeking bring nie,” het Mugabe aan inwoners van die myndorp gesê. “Julle is jonk. As julle in daardie rigting gaan, sal ons julle swaar straf.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.