Mugabe kanselleer VN-besoek

2011-10-26 21:43
Tweets Share Share line Print

Harare – President Robert Mugabe van Zimbabwe het ‘n besoek na Genève vir ‘n vergadering van die Verenigde Nasies gekanselleer nadat sy vrou en senior beamptes visums geweier is, het staatsmedia Woensdag berig.

Westerse lande, insluitend Amerika en die Europese Unie, het meer as ‘n dekade gelede reis- en finansiële-sanksies teen Mugabe en senior beamptes van ZANU-PF ingestel.

Dié reisverbod is ingestel weens beskuldigings van die misbruik van regte en verkiesingsknoeiery.

Die sanksies, wat Mugabe reken is ‘n straf vir sy grondeiswet, geld normaalweg nie vir vergaderings wat deur die VN gereël word nie.

Woensdag het The Herald berig dat Mugabe die besoek na Switserland vir die beraad van die Internasionale Telekommunikasie Unie (ITU) gekanselleer het nadat Grace, sy vrou, Simbarashe Mumbengegwi, die minister van buitelandse sake, George Charamba, die hoofwoordvoerder, en drie ander senior beamptes reispermitte geweier is.

Die Zimbabwiese regering het ‘n klagte by die Switserse regering en by die Verenigde Nasies aanhangig gemaak.

Mugabe se woordvoerder was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Navorser sê... Siestog??? Intussen word one EIE mense met panga's opgekap, en ons mag nie daarop reageer nie. 'n 5 Jarige dogter is stom na die wreede moord op haar pa, maar ons moet reageer op ONWETTIGES wat in "nood" verkeer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.