Mugabe is nie siek nie - Zanu-PF

2011-01-19 14:10
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Zimbabwe se Zanu-PF het bewerings dat die land se president, Robert Mugabe, siek is en behandeling ontvang in Malesië, as ongegrond afgemaak.

'n Berig in die Britse Daily Telegraph het Maandag beweer dat Mugabe hom in Maleisië bevind ná 'n prostaat-operasie.

Rugare Gumbo, woordvoerder van ZANU-PF, het in 'n onderhoud met Nuus24 bevestig dat die berigte op bespiegeling gebaseer is.

“Dit is bespiegeling. Daar is mense wat die president doodwens en hulle dink dis 'n goeie manier om hom skade te berokken. Die waarheid is dat die preseident elke jaar verlof neem. Hy gaan elke jaar na Maleisië vir Kersfees en Nuwejaar. Sovêr ons weet is hy steeds daar en ons weet niks van 'n operasie nie,” het Gumbo gesê.

'Ernstige' operasie

Gumbo het gesê Zanu-PF is nie verbaas om van die bewerins te hore te kom nie omdat dit 'n gewoonte by die media geword het om sulke berigte te publiseer elke keer wat “die president verlof neem”.

“Hierdie berigte kom elke jaar uit want daar is mense wat graag 'n verandering in die politieke bestel wil sien en wat daarom net die slegste vir die president wens. Hulle wens hom dood. Wat verbasend is, is dat hulle altyd hierheen kom en hom sien, en sê hy lyk gesond vir sy ouderdom, maar dan versin hulle al hierdie vals nuus oor sy gesondheid," het Gumbo gesê.

Gumbo se reaksie het ooreengekom met dié van Mugabe se woordvoerder, George Charamba, wat volgens berigte ook ontken het dat die president siek is. Hy het vir die Zimbabwiese koerant Newsday gesê dat Mugabe op sy "jaarlikse verlof" in Maleisië is, en dat hy binnekort na Zimbabwe sal terugkeer.

Volgens Daily Telegraph het diplomatieke bronne gesê dat Mugabe, 86, “'n ernstige operasie ondergaan het ná sy prostaat weer begin pla het". Die berig in Daily Telegraph het ook gesê dat daar “binne sy Zanu-PF-party vertroue is dat hy binne 'n week sal terugkeer huis toe en ten volle sal herstel”.

Weermag 'op gereedheidsgrondslag'

Intussen het die Cape Times Woensdag berig dat die Zimbabwiese weermag Dinsdag op gereedheidsgrondslag geplaas is “te midde van onsekerheid oor die gesondheid van Robert Mugabe”.

Volgens die Cape Times is dit moontlik dat Mugabe “erg deur dié groot operasie geraak kan word" en dat hy "dalk nooit weer ten volle as president sal kan funksioneer nie”.

Mugabe het in die verlede bewerings oor sy gesondheid ontken. Tydens 'n vergadering met Zimbabwiese redakteurs het hy gesê: “Ek weet nie hoeveel keer ek sterf nie, maar niemand het al ooit van my opstanding gepraat nie. Ek neem aan hulle wil nie, want dit sal beteken hulle moet 'n hele paar keer oor my opstanding berig, en dit sal nogal 'n goddelike prestasie wees vir iemand wat nie goddelik is nie. Jesus is een keer dood, en het net een keer opgestaan, en arme President Mugabe 'n paar keer. My tyd sal kom, maar vir eers nie.”

- Volg Nuus24 op Twitter

- Nuus24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI SQL Specialist

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R400000

Apple Applications Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R600000

Android developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R350000 - R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 160 SX MPV
2005
R 135,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2005
R 99,995.00

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 402,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.