Mugabe hou partytjie
2010-02-27 09:37
Harare - President Robert Mugabe vier vandag sy verjaarsdag met ‘n weelderige partytjie terwyl die ekonomie van sy land sukkel om te herstel, berig die Mail and Guardian.
Die president van Zimbabwe, wat van dag 86-jaar oud word, toon ook geen tekens dat hy wil aftree nie.
Hy is al reeds 30 jaar aan bewind in Zimbabwe.
Die Zanu-PF vier sy verjaarsdag, wat eintlik die 21ste Februarie was, met ‘n deurnag konsert.
Volgens kritici sal die partytjie omtrent R3 850 000 kos.
Kliek hier vir die volledige storie.