Mugabe: 'God het my lang lewe gegee'
2011-12-10 19:58
Harare – Zimbabwe se 87-jarige president sê hy sal nie voor volgende jaar se verkiesing aftree nie, en dat hy aan die stuur van sake in dié land sal bly om te veg teen 'n Westerse veldtog vir "regime-verandering."
Pres. Robert Mugabe, wat Saterdag sowat 6 000 afgevaardigdes toegespreek het by sy party se jaarlikse kongres in die stad Bulawayo, het gesê dit sou 'n "daad van lafhartigheid" wees om af te tree.
Hy is sedert 1980 die heerser van Zimbabwe.
"Gelukkig het God vir my hierdie langer lewe as ander gegee om met julle te wees en ek sal julle nie in die steek laat nie," het hy gesê.
Op dié vier dag lange kongres is onder andere besluit dat Mugabe volgende jaar weereens die enigste presidensiële kandidaat sal wees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP