Mubarak se seuns vasgetrek
2011-04-13 09:20
Kaïro - Hosni Mubarak, die voormalige president van Egipte, se seuns, Alaa en Gamal, is vir twee weke in hegtenis geneem terwyl daar ‘n ondersoek onderweg is oor die gebruik van geweld teenoor betogers tydens die opstand in Januarie en Februarie, het staatstelevisie Woensdag berig.
Hierdie bevel is gegee slegs ure nadat Mubarak (82) in ‘n hospitaal opgeneem is met hartprobleme terwyl daar ondersoek ingestel word na sy rol in korrupsie en die onderdrukking van die eis dat hy uittree.
Talle van Mubarak se voormalige top-bondgenote word nou ondervra oor hulle aktiwiteite en rolle in sy regering, maar die inhegtenisname van sy twee seuns is sover die mees drastiese stap wat geneem is sedert hy op 11 Februarie bedank het.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP