Mubarak se naam in openbaar verwyder
2011-04-22 07:00
Kaapstad – 'n Hof in Kaïro, Egipte, het beveel dat die land se voormalige president, Hosni Mubarak, se naam van alle openbare plekke verwyder word.
Die beslissing sal 'n groot impak hê, aangesien talle treinstasies, strate en biblioteke na Mubarak of sy vrou vernoem is, het RSG berig.
Hy was vir 29 jaar aan bewind in Egipte.
Die voormalige president word ondersoek in verband met die dood van betogers tydens die rewolusies vroeër die jaar, asook weens bewerings van korrupsie.
Hy is in arres in 'n hospitaal waar hy behandeling ontvang.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.