Mubarak-saak gaan weer voort
2012-01-02 11:30
Kaïro – Hosni Mubarak, die voormalige leier van Egipte, is op ‘n bed by die hof ingestoot terwyl die saak na die dood van duisende betogers Maandag voortgaan.
Mubarak (83) word tussen hofsittings by ‘n militêre hospitaal vir ‘n harttoestand behandel.
As hy skuldig bevind word daaraan dat hy die bevel gegee het dat betogers tydens die opstand teen sy regime doodgemaak moet word, kan hy met die doodstraf gevonnis word.
Die hofsaak het verlede week voortgegaan ná ‘n onderbreking van drie maande tydens die land se eerste parlementêre verkiesing sedert Mubarak se regering in Februarie omvergewerp is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP