Mubarak ontken magmisbruik
2011-04-10 22:36
Kaïro – Die voormalige president van Egipte, Hosni Mubarak, ontken dat hy sy gesag gebruik het om rykdom en eiendom te bekom.
Mubarak het Sondag sy eerste toespraak gelewer ná sy uittrede op 11 Febraurie. Die toespraak is op die nuuskanaal Al-Arabiya uitgesaai.
Hy het gesê hy is bereid om sy samewerking te gee in enige ondersoek om te bewys dat hy geen oorsese eiendom besit of buitelandse bankrekening het nie.
Die nuuskanaal sê die toespraak is Saterdag opgeneem nadat betogers in Kaïro byeengekom het om 'n ondersoek na Mubarak se rykdom te eis.
Volg Nuus24 op Twitter