Mubarak in die hospitaal ná hartaanval
2011-04-12 21:00
Kaïro – Die voormalige president van Egipte Hosni
Mubarak is in die Egiptiese oord, Sharm el-Sheikh Sharm, in die hospitaal opgeneem ná hy 'n hartaanval gehad het.
Hy was in die stad van el-Tor in Sinai vir
ondervraging rakende bewerings van omkopery en mishandeling, toe hy skielik mediese aandag nodig gekry het.
Kort daarna is hy na 'n hospitaal in Sharm el-Sheikh Sharm geneem vir behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA