Mubarak het maagkanker
2011-06-20 19:58
Kaïro – Egipte se voormalige president, Hosni Mubarak,
wat in Augustus verhoor sal word op verskeie aanklagte, ly aan maagkanker.
“Mubarak het maagkanker en die gewasse word blykbaar groter,” het sy prokureur, Farid al-Dib, gesê.
Die voormalige president is tans in aanhouding
in ‘n hospitaal in Sharm el-Sheikh, ‘n vakansieoord langs die Rooi See.
Hy is vroeg in April weens hartkwale daarheen gestuur.
Mubarak (82) en sy seuns sal in Augustus voor
die hof gedaag word vir die sterftes van teen-regeringsbetogers in die onlangse
rewolusie in dié land.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP