Mubarak vra glo verskoning, pleit amnestie
2011-05-17 08:46
Kaïro - Hosni Mubarak, die voormalige president van Egipte, gaan die nasie glo om verskoning vra en pleit vir amnestie, sowat drie maande nadat sy regering omvergewerp is deur ‘n opstand, berig ‘n onafhanklike koerant, Al-Shorouk.
Volgens Egiptiese en Arabiese bronne is Mubarak besig om “‘n brief saam te stel wat op Egiptiese en Arabiese kanale uitgesaai gaan word waarin hy om verskoning vra namens homself en sy familie vir enige aanstoot wat hy veroorsaak het.”
Hy gaan ook verskoning vra “vir gedrag wat veroorsaak is deur foutiewe inligting wat deur sy adviseurs aan hom verskaf is.”
Mubarak en sy vrou, Suzanne, is in hegtenis in ‘n hospitaal in Sharm el-Sheikh, ‘n Rooi See-oord, nadat altwee van hulle hartaanvalle gekry het tydens ondervraging.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP