Mubarak en seuns pleit onskuldig
2011-08-03 13:00
Kaïro – Hosni Mubarak (83), voormalige president van Egipte, en sy twee seuns, Gamal en Alaa, het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hulle, het Al Jazeera se korrespondent in die hof Woensdag via Twitter berig.
Mubarak staan tereg op aanklagte van onder meer korrupsie en die moord op betogers tydens die opstand wat sy regering omvergewerp het.
Die hofsaak word regstreeks op staatstelevisie en op Al Jazeera se webwerf uitgesaai.
Buite die polisie-akademie waar die hofsaak plaasvind, het honderde van Mubarak se ondersteuners en teenstaanders saamgedrom. Klippe is vroeër gegooi en die polisiebeamptes moes tussenbeide tree.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Al Jazeera