Moslems en Christene veg in Egipte se strate
2011-03-10 13:06
Kaïro - Botsings tussen Moslems en Christene saai chaos in Egipte, met 13 mense dood en 140 beseer.
Die polisie en weermag sukkel om beheer oor die geweld te hou minder as ‘n maand na die bekende opstand teen Hosni Mubarak, wat intussen afgetree het.
Dit is as een van die dodelikste gevegte tussen die twee geloofsgroepe bestempel.
Om te bewys hoe ver agteruit die sekuriteit in die land gegaan het, het die twee groepe vir byna vier ure mekaar met gewere, messe en kieries aangeval.
Soldate het met gewere in die lug geskiet in ‘n poging om die skare uitmekaar te dryf, maar dit was onsuksesvol.
Die land se nuwe kabinet het probeer om die burgers gerus te stel en het die polisie beveel om die strate onder beheer te kry.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA