Mosambiek vlieg nou na Angola
2009-07-31 13:03
Maputo- Mosambiek se staatsbeheerde lugredery, Mozambique Airlines, sal in Oktober vanjaar vlugte tussen Maputo na Luanda in Angola loods.
Die nuwe roete maak deel uit van ‘n $100 miljoen (R780 miljoen) ontwikkelingsprojek van dié maatskappy. Dit sal afskop met weeklikse vlugte tussen Maputo en Luanda in Angola, die hoofstede van die twee voormalige Portugese-kolonies.
Mozambique Airlines se enigste plaaslike lugredery in Mosambiek is besig om homself op te gradeer, ter voorbereiding van die 2010 Sokker Wêreldbeker in Suid-Afrika.
Die maatskappy het in Junie 2008 oorgeskakel na elektroniese kaartjieverkope en in Mei verlede jaar vir die eerste keer kaartjies oor die internet begin verkoop.
- Sapa