Mosambiek: Dodetal nou op vyf
2010-09-03 01:19
Beeld
Sapa en Cobus Coetzee
Maputo - Nog een mens is vandag dood in Mosambiek gevind na die geweldadige betogings oor kosprysverhogings in die Mosambiekse hoofstad, Maputo.
Volgens die Rooikruis bring dit die dodetal nou op vyf.
Baie mense is beseer terwyl die polisie probeer het om die betogers uitmekaar te jaag.
Maputo se middestad is soos spookdorp vandag met talle sake-ondernemings wat gesluit is.
Betogings gaan voort en na verwagting sal dit môre ook aanhou.
Daar is ook ‘n groot polisie- en weermag teenwoordigheid.
“Ons het vandag nog 'n lyk gekry in een van die onderskeie areas waar die betogings plaasgevind het,” het Americo Ubisswe, woordvoerder van die Rooikruis in Mosambiek, gesê.
Dit is nie seker of die persoon gewond is terwyl hy probeer vlug het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.