Moontlike opvolger van Mugabe sterf glo in brand
2011-08-16 14:58
Harare – Solomon Mujuru, een van Zimbabwe se voorste mededingers om pres. Robert Mugabe op te volg, is dood, het sy familie Dinsdag gesê.
Mujuru, die voormalige bevelvoerder van die nasionale weermag, is as een van die magtigste leiers in die land beskou.
Volgens onbevestigde berigte is Mujuru laat Maandagaand tydens ‘n brand by sy huis in Harare dood.
Joice, sy vrou, is een van die land se twee adjunkpresidente.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA