Minstens 13 sterf in nuwe Egiptiese opstande
2011-11-21 10:17
Kaïro – Minstens 13 mense is Sondag dood tydens ‘n gewelddadige opstand in Kaïro nadat veiligheidsmagte probeer het om betogers van die Tahrir-plein te verjaag, het RSG berig.
Die weermag het traangas na betogers gespuit en sommige het selfs klippe gegooi.
Dié voorval kom kort voor die verkiesing, wat na verwagting later die maand sal plaasvind. Dit is Egipte se eerste verkiesing sedert die val van Hosni Mubarak se regime. Die verkiesing gaan op 28 November gehou word.
Die polisie en militêre magte het bajonette, traangas en donshael gebruik om duisende betogers uiteen te jaag wat geëis het dat die regerende militêre raad plek maak vir 'n burgerlike owerheid.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP