Minstens 15 sterf in Kersdiens-ontploffing
2011-12-25 12:30
Abuja – Minstens 15 mense is dood in 'n ontploffing wat 'n Katolieke kerk tydens 'n Kersdiens naby Nigerië se hoofstad geruk het, het 'n beampte gesê.
Yushau Shuaib, woordvoerder van die nasionale nooddiens bestuuragentskap, het gesê meer mense het Sondag in die ontploffing by die St. Theresa Katolieke Kerk in Madalla naby Abuja gesterf.
"Ons het 15 lyke in die drie voertuie (ambulanse)," het 'n bron op die toneel aan AFP gesê.
Volgens beamptes op die toneel kan die dodetal verder styg.
Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie.
Dié ontploffing kom te midde 'n vlaag aanvalle wat deur die Islamistiese groep Boko Haram uitgevoer word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AP