Minister van ekonomie in Libië bedank
2011-12-25 13:00
Tripoli – Tahar Sharkass, Libië se minister van ekonomie wat dié pos ook onder Muammar Gaddafi beklee het, het bedank ná betogings wat die uitsluiting van amptenare van die voormalige regime eis, het die premier Saterdag gesê.
"Ja, hy het bedank," het Abdel Rahim al-Kib aan joernaliste gesê. Hy het ook gesê die minister het weens gesondheidsredes bedank.
Sharkass se bedanking kom te midde betogings in die hoofstand en in die oostelike stad van Benghazi. Betogers eis dat amptenare wat onder Gaddafi gedien het, uitgesluit word van die openbare lewe in die nuwe Libië.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP