Minister foutiewelik aangehou

2009-10-07 09:59
Tweets Share Share line Print

Kampala – Die aanhouding van Somalië se minister van verdediging gedurende ‘n besoek aan Uganda is ‘n misverstand en daar word verwag dat hy later Woensdag vrygelaat sal word, het ‘n woordvoerder van die weermag in Uganda gesê.

“Hy gaan verseker vandag vrygelaat word,” het luitenant-kolonel Felix Kulayigye gesê.

“Ons het eintlik inligting gehad dat daar ‘n Somaliese  opstandeling oppad was en natuurlik, met die Oos-Afrikaanse sekuriteitskonferensie en onafhanklikheidsdag wat beide hierdie week plaasvind, is daar baie hooggeplaastes in die stad en ons moet op ons hoede wees,” het hy verduidelik.

“Ons het inligting ontvang dat hierdie man van Somalië Uganda binnegekom het en ons het ondersoek begin instel. Ons het hom opgevolg. Nadat hy in hegtenis geneem is, is hy geïdentifiseer as ‘n minister en hy sal vandag (Woensdag) vrygelaat word,” het hy bygevoeg.

Youssuf Mohamed Siad, die minister van verdediging, het Uganda met ‘n voertuig vanaf Kenia binnegegaan, het Kulayigye gesê.

“Hy moes tog met ‘n vliegtuig gekom het. Hy moes ons ingelig het en as ‘n reisende buitelandse amptenaar gekom het,” het hy gesê.

James Mugira, die hoof van Uganda se millitêre intelligensiedienste, het gesê dat Youssuf Mohamed Siad “opgetel is as veiligheidsmaatreël deur Uganda se staatsekuriteit.”

 - Sapa - AFP


 

Lees meer oor: uganda  |  kan jy glo

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.