Media, regstelsel is Zim-boere se hoop

2010-09-10 07:34
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Zimbabwe se kommersiële boere gebruik tans die media en die regstelsel om hul grond terug te kry of daarvoor vergoed te word ná die grondvergrype van die afgelope tien jaar, het Deon Theron, president van die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union, Donderdag in Pretoria op TLU SA se kongres gesê.

Suid-Afrikaanse boere kan daaruit leer, want die media wys die ongerymdhede in ’n land uit.

“Die (Zimbabwiese) regering wil hê ons moet ons daarvan weerhou om die media te gebruik, want die onthullings (in die media) oor ongerymdhede maak hulle seer,” het Theron gesê.

“Ons gaan nie ophou nie, want ons wil ons grond terughê of daarvoor vergoed word,” het Theron gesê.

Suid-Afrika se boere moet ook leer uit die fout wat Zimbabwiese boere gemaak het om onder mekaar te baklei.

“’n Mens moet staan by jou beginsels, maar een van ons grootste foute was dat ons met mekaar begin baklei het.

“Ons is besig om eenheid terug te kry, maar ons het al te veel pak gekry.

“Glo in God, neem leiding van Hom, maar moenie met mekaar baklei nie. Die politici sal dit uitbuit. Probeer jul verskille uitstryk en saam op die pad te stap,” het Theron gesê.

“Dit is nag by ons (in Zimbabwe), maar ons het al geleer om in die donker te sien,” het hy gesê.

Dit gaan volgens hom beter sedert die Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse dollar as die amptelike geldeenhede aanvaar is, maar produkte is steeds tot vier keer duurder as in Suid-Afrika.

Van die sowat 4000 kommersiële boere wat daar eens in Zimbabwe was, is daar nou skaars 300 oor waarvan 200 met regsoptrede gedreig word omdat hulle nog op hul plase is.

“Van die ouens wat nog daar is, probeer op ander mense se grond te boer. Van die manne het beeste op vier of vyf plekke,” het Theron gesê.

“Ons bid vir julle. Ons sê ook vir julle in Suid-Afrika baie dankie vir jul ondersteuning en gebede,” het Theron gesê.

Hy is staande toegejuig.

“Ons het waardering vir julle, Rhodesië ... uhm ... Zimbabwe,” het Ben Marais, president van TLU SA, gesê toe hy Theron bedank het.

Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, het gesê hy word gereeld gevra of hy positief of negatief is oor die landbou.

“Dit wissel soos die pendulum swaai, na die politiek of na die landbou.”

- Beeld

Lees meer oor: zimbabwe

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Management Finance Reporting

Gauteng
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
R800000 - R850000

Business Solutions Consultant

Cape Town
Communicate Cape Town IT
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2007
R 279,900.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 121,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.