Marokko verban tydskrifte
2009-08-02 17:26
Rabat, Marokko- Owerhede in Marokko het twee tydskrifte van winkelrakke af verban nadat hulle die leierskap van koning Mohammed VI in oënskou geneem het.
Die amptelike MAP-nuusagentskap berig dat die twee tydskrifte genaamd, Tel Quel (Frans) en Nichane (Arabiërs) teruggetrek is omdat dit nie aan die perswet van dié land voldoen het nie.
Khalid Naciri, minister van kommunikasie, meen dat ‘n meningspeiling wat die tydskrifte gepubliseer het die rede is hoekom hulle verban word.
Beide tydskrif het ‘n peiling geplaas waarin hulle wou weet wat inwoners dink van koning Mohammed VI as leier.
“Die monargie mag onder geen omstandighede die onderwerp van ‘n meningspeiling wees nie. Enige tydskrif wat dit wel publiseer, sal verban word,” het Naciri gesê.
Slegs die huidige uitgawes van die tydskrifte word verban.
Die tydskrifte is van mening dat die resultate van die meningspeiling heel positief is.
Koning Mohammed VI is reeds 10 jaar op die troon van dié Noord-Afrika land.
–Sapa
- AP