Man gooi Soedanese president met skoen
2010-01-26 01:46
Khartoem – 'n Soedanese man wat Maandag sy skoen na president Omar al-Bashir gegooi en gemis het, is in hegtenis geneem.
Die man, wie se naam nie bekend is nie, het sy skoen na Bashir gegooi gedurende 'n konferensie vir strategiese beplanning van die Soedanese regering.
In Arabiese kulture is dit ontsettend minagtend om selfs 'n skoensool aan 'n kollega te wys, en om 'n hele skoen te gooi word as 'n besonderse belediging beskou.
Dit was nie duidelik waarom die man dit gedoen het nie.
Die president, wat deur die Internasionale Kriminele Hof gesoek word in verband met oorlogsmisdade in die Darfur area, is nie die enigste wêreldleier wat deur 'n skoen-gooier geteister is nie.
In die mees bekende insident het Irakese joernails Muntazer al-Zaidi sy skoen na VSA president George W. Bush gegooi gedurende sy laaste besoek aan Baghdad in 2008.
Zaidi het op daardie stadium gesê dit is sy "totsiens-soen" vir Bush. Hy is ná nege maande tronkstraf vrygelaat, maar moes uit die land vlug vir sy eie sekuriteit.
Chinese Premier Wen Jiabao het ook onder 'n skoen deurgeloop toe hy die Britse en Israeliese ambassadeurs in Swede besoek het.
– Sapa-AFP
Lees gerus meer by Reuters