Malawiërs gee pres. 3 weke vir hervorming
2011-07-25 08:14
Lilongwe – Bingu wa Mutharika, die president van Malawi, het glo drie weke om aan die vereistes van burgerlike organisasies te voldoen, anders word hy deur ‘n nuwe vlaag betogings in die gesig gestaar, berig Eyewitness News.
Minstens 18 mense is dood in botsings met die polisie en soldate tydens ‘n betoging verlede week teen die regering.
Malawiërs het gesê hulle soek ‘n “oop en betroubare regering wat vir die mense werk.”
“Die regering het besluit om nie die waarheid te praat nie. Ek dink dit is hoekom mense oorgeskakel het na die taal wat hulle weet hoe om te praat,” het ‘n betoger gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Eyewitness News