Malawi se Mutharika trou
2010-01-21 13:50
Blantyre – President Bingu wa Mutharika gaan binnekort met een van sy kabinetsministers trou, het die Malawiese presidensiële woordvoerder gesê.
In ‘n verklaring laat Woensdag het Albert Mungomo, ‘n woordvoerder, gesê Mutharika en Calista Chapola-Chimombo beplan ‘n tradisionele verlowingspartytjie op Valentynsdag. Die troue sal daarna op 1 Mei plaasvind.
Mutharika se eerste vrou, Ethel, het in 2007 weens kanker gesterf. Hulle was meer as 30 jaar getroud, en die 76-jarige president het vier kinders.
Chapola-Chimombo, ‘n prominente lid van Mutharika se Demokratiese Progressiewe Party (DPP) en ‘n voormalige minister van toerisme, is ‘n weduwee in haar laat veertigs, en het ‘n seun uit haar vorige huwelik.
- AP