Malawi kry R221 milj vir MIV
2009-09-22 18:53
Blantyre - Malawi het $30 miljoen (sowat R221 miljoen) van die Wêreldbank ontvang om nuwe MIV-infeksies te voorkom en gratis behandeling te versprei.
Tim Gilbo, dié bank se direkteur in Malawi, het gesê baie moet nog in Malawi gedoen word om die pas waarteen dié virus versprei, te verlaag.
Sowat 250 000 Malawiërs kry gratis vigs-medikasie, 300 nuwe gevalle van MIV word elke dag aangemeld en 90 000 nuwe infeksies word jaarliks aangemeld.
Gilbo het gesê dié land moet programme identifiseer wat vrugte afwerp en dié wat geen vordering toon nie, herontwerp.
– Sapa-AFP