Madagaskar leiers ontmoet in Mosambiek
2009-08-04 18:20
Antananarivo, Madagaskar- Madagaskar se politiese leiers sal Woensdag in Mosambiek vergaarder met die hoop om ‘n oplossing tot die politiese krisis in dié land, ná president Marc Ravalomanana in Maart vanjaar uit sy pos verwyder is, te vind.
Die Maputo-beraad is die eerste van sy soort en sal Ravalomanana, wat tans in bannelingskap in Suid-Afrika is en tradisionele leier, Andry Rajoelina, asook twee ander voormalige leiers van die land Didier Ratsiraka en Albert Zafy, bymekaar bring.
Die vier mans en hulle afgevaardigdes word Dinsdag in Mosambiek verwag en gesprekke sal Woensdag begin. Die gesprekke dal deur die voormalige president van Mosambiek, Joaquim Chissano, bemiddel word.
"Die beraad sal Woensdag begin en ons sal besluit hoe lank dit sal aangaan afhangende van hoe goed die gesprekke verloop”, het ‘n lid van die bemiddelingsspan gesê.
Geen spesifieke doelwitte is vir die beraad gestel nie.
-Sapa