MDC juig ná hof Roy Bennett vryspreek

2010-05-11 12:01
Tweets Share Share line Print

Harare – Roy Bennett, ’n wit boer en aangewese adjunkminister van landbou van Zimbabwe, is Maandag vrygespreek op alle aanklagte wat wissel van hoogverraad tot terrorisme en rampokkery.

Bennett, wat kort voor hy in Februarie verlede jaar ingehuldig sou word op ’n klein lughawe buite Harare in hegtenis geneem is omdat hy die land kwansuis onwettig wou verlaat, is deur regter Chinembiri Bhunu vrygespreek.

Die staat se saak teen Bennett is gelei deur Zimbabwe se prokureur-generaal, Johannes Tomana.

Dit het onder meer verband gehou met wapens wat na bewering in die 1990’s op Bennett se plaas gevind is en waarvoor hy lang tye in verskeie tronke moes deurbring.

“Die staat se eie hoofgetuie het teen die staat gedraai en die beskuldigde se saak gesteun,” het Bhunu gesê.

“Nóg ’n sleutelgetuie, die staat se tegnologie-deskundige (Perekayi Mutsetse), se getuienis was twyfelagtig. Die beskuldigde is onskuldig.”

Bennett is dadelik deur ondersteuners omring en buite die hof het ’n skare hom met dreunsang begroet.

“Ons word reeds jare lank vervolg, maar is nou sterker as ooit te vore.

“Ek gaan my stryd om ’n beter Zimbabwe voortsit,” het ’n verheugde Bennett aan omstanders gesê.

Die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) het Maandag ná die uitspraak daarop aangedring dat Bennett Dinsdag as adjunkminister ingehuldig word.

Pres. Robert Mugabe het tot dusver geweier om Bennett in te huldig omdat die saak teen hom hangende was.

Die saak teen Bennett was daarom een van die struikelblokke in die pad van ’n volledige skikking tussen die MDC en Mugabe se Zanu-PF.

Een van die ander was Tomana se rol as prokureur-generaal in die vervolging van MDC-ondersteuners en die versnelde oorname van wit boere se plase sedert die Zimbabwiese skikking.

Bennett self het Maandag aangedui dat hy bereid is om as adjunkminister terug te staan as sy aanstelling ’n struikelblok bly.

“Ons kan nie toelaat dat ’n enkele pos keer dat die proses vorder nie,” het hy gesê.

- Die Burger

Kliek hier om na 'n eksklusiewe onderhoud met Bennett ná die uitspraak te luister.

Lees meer oor: roy bennett  |  zimbabwe

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 245,000.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2007
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.