Lumumba se seuns soek geregtigheid
2010-06-22 18:17
Brussels – Die seuns van die die gewese Kongolese leier Patrice Lumumba het aangekondig dat hulle 12 Belge van oorlogmisdade gaan aankla.
Hulle glo dat dié Belge betrokke was in die sluipmoord-aanval op hul pa, bykans 40 jaar gelede.
“Ek soek nog my pa, ‘n pa vir wie ek nog baie lief is.
“Ek wil weet hoekom hy doodgemaak is,” het die jongste seun, Guy Lumumba, gesê.
“Ons is daarop uit om die sluipmoordenaars vas te vat.
“Daar is 12 van hulle in België.
“Hulle is nog lewendig en ons wil hê hulle moet antwoord vir hul dade,” het hy gesê.
Die twaalf Belge was in die Kongolese provinsie van Katanga toe Patrice Lumumba op 17 Januarie 1961 doodgemaak is.
Guy Lumumba het geweier om die identiteite bekend te maak voor die hofverigtinge begin, maar het aangedui die verdagtes sluit hooggeplaasde polisiebeamptes en lede van die Belgiese weermag in.
Hy het weg gesê dat hulle ten tyde van die sluipmoord, soldate, polisiemanne en Belgiese amptenare in Kongo was.
Volg Nuus24 op Twitter.