Lugrederye hou Dubbi-vulkaan dop
2011-06-14 14:32
Toulouse - Lugrederye wat die Oos-Afrika-roete gebruik hou die situasie dop waar die Dubbi-vulkaan in Eritrea 'n aswolk van tot 15 km die lug ingeskiet het.
Die redery - Lufthansa van Duitsland en die Ethiopiese lugdiens - hou intussen die situasie dop nadat Lufthansa twee vlugte na Eritrea en Ethiopië gekanselleer het.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het vroeër haar besoek aan Afrika kortgeknip weens kommer dat lugverkeer ontwrig kan word.
Die Franse weerdiens sê die situasie is egter nie so ernstig soos met die Grimsvotn-vulkaan in Ysland nie, omdat lugverkeer oor die ooste van Afrika aansienlik minder is.
Dit is die eerste keer sedert 1861 dat die Dubbi-vulkaan uitbars.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG