Lojaliste spartel vir oulaas onder bloedige aanslag

2011-09-26 08:10
Tweets Share Share line Print

Sirte – Navo-bomwerpers het dié stad Sondag laat deurloop om die pad oop te maak vir vegters van die Libiese oorgangsregering wat probeer om kol. Muammar Gaddafi se tuisdorp oor te neem.

Gaddafi-lojaliste het egter gewys hulle hou steeds ’n bedreiging in met ’n aanval op die oasedorp Ghadames in die woestyn naby die grens met Algerië.

Die Nasionale Oorgangsraad het gesê hy kon die aanvalle afweer, maar volgens berigte duur die gevegte voort.

Vroeër die naweek het magte van die oorgangsraad Sirte diep binnegedring, maar later teruggetrek vir aanvalle deur Navo-vegvliegtuie.

“Sondag het ons vryheidsvegters die stad Sirte van twee kante aangeval. Dit beteken nie Sirte is vry nie, maar is ’n aanduiding Sirte gaan binnekort vry wees,” het Ahmed Bani, ’n militêre woordvoerder van die oorgangsraad in Tripoli, gesê.

“Ek vra dat alle milisielede wat aan die kant van die tiran veg, besef die stryd is verby.”

In ’n verklaring Saterdag het Navo gesê aanvalle het onder meer twee bevel- en beheerfasiliteite, ’n militêre oefenterrein, ’n stoorbunker, radarfasiliteit en 29 pantserkarre getref.

Die val van Sirte sal ’n enorme pluimpie vir die oorgangsraad wees in sy veldtog om hom as regering te vestig, en ’n terugslag vir Gaddafi, wat voortvlugtig is.

Volgens vegters van die oorgangsraad en burgerlikes wat uit Sirte gevlug het, blyk dit dat Gaddafi-lojaliste burgerlikes probeer aankeer en hulle as menslike skilde gebruik.

“Gaddafi se magte het die gebied omsingel en afgesny deur op mense te skiet,” het ene Youssef, wat saam met sy vrou uit die stad gevlug het, gesê. “Baie mense wil wegkom, maar hulle kan nie.”

Dit is bevestig deur ’n ander man genaamd Aboebakr, wat met sy vrou en vier kinders uit Sirte gevlug het.

“Die omstandighede is nie goed nie, regtig, dis nie goed nie. Dis aaklig. Daar is (pro-Gaddafi-) bendes wat op mense skiet. Dit is regtig erg.”

’n Maand ná die val van Tripoli ondervind die oorgangsraad nog net weerstand in twee sentrums, Sirte en Bani Walid, ’n dorp sowat 170 km suidoos van Tripoli.

Pogings om Bani Walid oor te neem, het misluk, en daarom fokus die oorgangsraad se magte op Sirte.

“Die simboliese waarde van ’n oorwinning in Sirte sal baie groter wees as die inname van Bani Walid,” het Geoff Porter, ’n onafhanklike Amerikaanse kenner van Noord-Afrika, gesê.

“Die val van Gaddafi se tuisstad sal weergalm onder die bittereinders en kan die val van Bani Walid vergemaklik.”

Die voorsitter van die oorgangsraad, Mustafa Abdel Jalil, het die naweek gesê die regeringsmagte het vermeende verbode wapens naby Sabha, diep in die Saharawoestyn, en by Waddan naby Sirte gevind.

Volgens die Verenigde Nasies is hulle al geruime tyd bewus dat Gaddafi mosterdgas en onverwerkte uraan naby Sabha geberg het.

Die Burger

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 245,000.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2007
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.