Libiese 'verkragtingslagoffer' vlug na Tunisië
2011-05-09 22:22
Tunis - ‘n Libiese vrou wat glo deur van Muammar Gaddafi se soldate verkrag is en die storie aan joernaliste in ‘n hotel in Tripoli wou vertel, het na Tunisië gevlug, het CNN Maandag berig.
Iman al-Obeidi, wat deur regeringsbeamptes weggeneem is nadat sy verhoed is om haar storie aan die joernaliste te vertel, het aan CNN gesê dat sy oor die grens gevlug het.
Sy is glo gehelp deur Libiese militêre beamptes wat ook na Tunisië gevlug het.
“Dit was nogal moeilik. Daar was militêre kontrolepunte,” het sy gesê.
Sy is glo na die Franse ambassade in Tunis geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA