Libiese soldate vlug na Tunisië
2011-05-28 23:26
Tunis – Sowat twee dosyn Libiese soldate, insluitend 'n kolonel en ander beamptes, het in twee klein bote uit Libië na Tunisië gevlug, het die amptelike nuusagentskap in Tunisië berig.
Tunisië se amptelike TAP-nuusagentskap het gesê 22 Libiese soldate het Vrydag in bote opgedaag. Twee Libiese burgerlikes met skietwonde was ook op die boot.
Duisende mense het van die geweld in Libië na Tunisië gevlug.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP