Libiese rebelle trek op na Gaddafi se tuisstad

2011-08-29 14:47
Tweets Share Share line Print

Tripoli – Libiese rebelle wat deur Navo gesteun word is aan die buitewyke van Muammar Gaddafi se tuisstad, Sirte, berig RSG.

Die rebelle is glo van alle kante besig om die laaste vesting van Gaddafi te beleër om sodoende volle beheer oor Libië te kry.

Alhoewel dit onbekend is waar Gaddafi hom tans bevind, word daar bespiegel dat hy in Sirte is.

Die rebelle het stelling ingeneem sowat 30 km vanaf dié dorp af.

“Daar word met stamhoofde in Sirte onderhandel vir 'n vreedsame oorgawe,” het Mohammed al-Fortiya, ‘n bevelvoerder van die Nasionale Oorgangsraad, gesê.

Hy het ook gesê dat die onderhandelinge net met stamhoofde gedoen word en dat daar, volgens sy kennis, geen direkte kontak met Gaddafi gemaak is nie, het SAPA berig.

Hy het bygevoeg dat die onderhandelings nie vir ewig sal aanhou nie. “Ons wil Libië so spoedig moontlik verenig.”

Navo-vliegtuie het die afgelope paar dae in Sirte meer as 50 militêre voertuie, twee skuilings en 'n militêre waarnemingspunt vernietig.

– Volg Nuus24 op Twitter.

RSG, SAPA

- SAPA

Lees meer oor: navo  |  sirte  |  tripoli  |  libië  |  rebelle  |  oorlog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 245,000.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2007
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.