Libiese rebelle 'byna seker' intelligensiehoof is dood
2011-08-30 18:57
Kaïro – Die Libiese rebelle is “byna seker” daarvan dat Abdullah al-Senussi, die Libiese hoof van intelligensie, Saterdag dood is saam met Khasim, een van kol. Muammar Gaddafi se seuns, het Ahmed Bani, ‘n woordvoerder vir die rebelle, Maandag aan Al Arabiya-televisie gesê.
‘n Senior bevelvoerder van die rebelle het Maandag gesê dat Khamis ná ‘n geveg aan sy wonde beswyk het.
“Ons is byna seker daarvan dat Khamis Gaddafi en Abdullah al-Senussi Saterdag deur ‘n eenheid van die nasionale vryheidsweermag doodgemaak is tydens botsings in Tarhouna. Khamis Gaddafi is in Bani Walid begrawe,” het Bani gesê.
Die internasionale strafhof het lasbriewe goedgekeur vir die inhegtenisneming van Muammar Gaddafi, een van sy ander seuns, Saif al-Islam, en al-Senussi op aanklagte van misdade teenoor die mensdom.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters